Ek besef al te goed, ek sal nooit regtig daarin kan slaag om werklik reg te laat geskied aan my lewe in hierdie "broad strokes painting" nie. Nie omdat ek so "special" en "exciting" is nie, maar omdat almal van ons lewens so n ontsaglike, lewensgroote, mooi skildery is - en hoe "unpack" en "dissect" ons daardie kleure.
Reg in die begin het ek gesê: hierdie is nie om te beindruk of te roem nie - "Oh-look-at-me-tipe-ding-nie"!!! NEE!!!, dit is n poging aangewend om reg te laat geskied aan n lewe wat ek as een groot stuk seen sien - welliswaar met hartseer tussen in, maar dis mos maar hoe tekstuur en diepte werk. Afwisseling van dieptes en nuanses en skakeringe. Donker en lig, skadu en sonkol vermeng. Dagbreek afgewissel met skemer.
Gister besef ek finaal hoe onmoontlik die taak is toe ek deur my ou fotos blaai. Fotos wat vir die eerste keer onder stof uit stoorplekke bevry is. Maar wonder bo wonder het hul oorleef (party sestig jaar oud en feitlik sestig trekke later) en hier het hul nou hul veilige rusplek in my klein Boshuisie gekry!
Toe ek weer my oë en vingers op hul lê, het ek diep eerbiedig stil geraak voor die prent wat voor my vorm aangeneem en afgespeel het.
Daar het hul weer voor my oë kom dans, kinderdae, skooldae, family, varsity en army dae, eerste werke, vriende, n troue, my kinders se eerste fotos. Wie is daardie mooi jong Pa wat my in die gesig staar - ek dog dan nog heeltyd ek is so onaantreklik. Kyk hoe beeldskoon is die vrou met ek wie getroud was. Kan daardie mooi kinders ons sin wees. Wie is daardie vrolike trotse jong man, waar is daardie opregte diep lag heen. Kyk daar na die hoop, geloof en liefde in die oë - daardie "oukie" glo hy kan alles doen.
En lyk my die lewe het saamgespeel en my SOVEEL laat ervaar - so baie, so diep, so innig, so intens,so sonder terughou. Seen op seen, dankbaarheid op dankbaarheid. Selfs dit wat ek dag donker was, bleik nou deurspek te wees met Sy lig en nabyheid. Source het Son op alles gegooi - ook die bewolkte, onweersdae.
So, ja, ek wou dat hierdie 60Blog ook op n manier my lewe dokumenteer, dat die wat van buite inkyk, kan sien: Dit was/is Ernest.
Maar nou weet ek van beter. Al wat ek kan doen is om n paar kleure soos spatsels op n doek te gooi - sodat die wat elektronies kom kuier in die kuber-kamer, hul eie prente klaar kan kom teken, en eie afleidings kan maak.
Ek is "after all firstly a Poet" - en ons digters weet om met woorde te suggureer en dan in stilte reikhalsend op die interpretasie te wag. Want ook daarin bly ons woorde skelm-skelm, tweedehands voortleef.
Beauty, my friends, is en sal altyd in the eyes of the beholder leef
Like love is only truly visible for those who love...
Lekker kyk, want vandag plaas ek sommer net n paar kykies kiekies om n prent vir ons te teken.
En ek het gekyk, en gesien dat dit goed is ...!
Soos alle ander stukkies, gaan ek die een ook vertaal vir my engelse vrinne, maar ek los my MoederTaal weergawe hier in my grootword taal - die taal van my hart en nie my intellek nie.
Dinsdag
10 Junie 2025
ps en dankie Francois dat jy en Melissa my dag gemaak het en my painting nog n stukkie mooier.
LINK
Each Stroke a Memory: The Painting of Our Lives
 |
|
The moments that we remember — there are so many. Each one is a stroke in the painting of our lives.
Some are bold and vivid, etched in color and clarity: the birth of a child, a first kiss, the day we said goodbye. Others are gentle washes, soft hues that blend into the canvas — a warm cup of coffee on a rainy morning, laughter shared with a friend, a walk at dusk with no destination in mind.
We often think our lives are shaped only by the big milestones, but it’s the small, fleeting moments that give the painting depth. These are the details that bring richness to the picture — the subtle shadows, the layers of texture we only notice when we step back and really look.
Sometimes, we don’t realize we’re in a moment worth remembering until it’s passed. A quiet conversation that lingers in our hearts. A decision made in courage or love. Even the painful ones — the moments we wish we could erase — become part of the composition, giving it contrast and meaning.
It’s easy to rush through life, always chasing the next goal, the next destination. But perhaps we should pause more often, to take in the brushstrokes as they happen. To appreciate the beauty in the becoming.
So today, take a moment. Look around. Breathe in this chapter of your life. It, too, is part of your masterpiece.
Because in the end, we are all walking galleries — living, breathing canvases — and every memory we carry is a testament to a life truly lived.
Here are some random memory moments.





















LINK:
LINK to Landing page with LINKS to other "REASONS" posts
Comments
Post a Comment